KOM KUIER GERUS BY ONS VIR ‘N PERSOONLIKE TOER!
HOU OOK ONS FACEBOOK- EN INSTAGRAM-BLAAIE DOP VIR MEER INLIGTING.
LOER OOK NA ONS GROOT ROOIKAT-PRETBLAD EN RAAK OPGEWONDE OOR ‘N NUWE AVONTUUR! KLIK HIER!
Voortreflike akademiese onderrig in ‘n kindervriendelike, geborge milieu van liefde en meelewing deur passievolle onderwysers wat hóú van uitdagings, is hóé ons by CP die wát laat plaasvind. Hier dink ons anders en doen ons anders en bruis entoesiasme deur ons klasse en gange en oor ons velde. Hier wil elke kind wees.
Laerskool Constantiapark se groter skool word met dinamiese strategiese bestuur in kleiner groepe verdeel sodat elke CP-Rooikat se hartjie en handjies eers voorberei en ontwikkel word, binne kleiner kringe waarin hulle veilig voel om hulle grense bietjie-bietjie te skuif. Hier leer hulle ontdek en met selfvertroue waag. As Laerskool Constantiapark dan in volle glorie saamkom in eenheid en in ‘n kultuur van saamdoen, ontvou ‘n kragtoer van formaat… en dís hoe ons die wát by Laerskool Constantiapark doen, dat ons kinders kan gedy en kan sprankel! Ons Rooikatte is keer op keer sonder keer en elke CP word elke dag meer Rooikat!
Lees Meer

- Laerskool Constantiapark glo daarin dat elke kind op elke gebied begeester moet word om met waagmoed nuwe dinge te kan ontdek, sodat elke nuwe fase ontwikkeling verseker.
- Laerskool Constantiapark fokus eerder op meer klasse per graad as op oorvol klasse.
- Die akademiese voortreflikheid van graad 1 tot graad 7 is gewortel in uitnemende onderrig wat die kombinasie van die fantasie- en verrassingselemente in elke akademiese klas die leerproses in ‘n reuseavontuur laat ontaard!
Lees Meer
- Tydens elke Wiskundeperiode vanaf graad 4-7 verdeel die klas in twee kleiner klasse, sodat dit wat saakmakende vaardighede vorm, die saakmakende aandag kry.
- ‘n Pad van leer-lekkertes begin in graad R waar ons Rooikat-pionierspaaie wegtrek, terwyl ons speel: van skaak en allerlei verrykingsgeleenthede in die skooldag tot genotvolle deelname aan bulletjie-rugby, mini-netbal en mini-hokkie in die middae. Elke week word ‘n opwindende skool-belewenis wat sorg dat Maandae geen monster is nie, want Rooikatte wíl skool toe kom! As ons van graad R af reg werk, brul ons Rooikatte van plesier tot in graad 12!
- Die manier hóé ons die wát doen op akademiese gebied, maak Laerskool Constantiapark een van die gunsteling- voederlaerskole vir die Top 5 hoërskole in Gauteng.
- Akademiese klasse word ondersteun deur klasassistente wat seker maak dat elke uitdaging in ‘n klas in ‘n japtrap kaf gedraf word en kinders kan baai in individuele aandag.
Skitteroomblikke in 2024/2025
- Super-12 Bybelvasvrae: Naaswenners (2024)
- Slimstreke-vasvra: Naaswenners (2025)
- Spreekkoor-konings: al 4 spreekkore verwerf A++’e en een is kategoriewenner (2025).
- O/12-Netbal RooiSkatte onder Top 4 in Tshwane (2025)
- O/13-Netbal RooiSkatte eindig as Tshwane-Wenners en een speler in die Gautengspan. (2025)
- O/12- en O/13-netbalspanne dring deur na die SA-kampioenskap toe. (2025)
- Junior- en seniorkoor verwerf goud by die ATKV-kompetisie (2025).
- Juniorkoor verwerf Cum Laude by Super 12 en die seniorkoor goud (2025).
- Graad R-koor: Eisteddfod-kategoriewenners (2024 en 2025)
- Graad R-koor is keer-op-keer kategorie-wenners by Centurion Kunstefees (2024-)
- Bloubul-kampioene (2019, 9 Rooikatte is Bloubulle en die Bloubul-kaptein is ‘n CP (2019)
- Ons Rooikat is ‘n bloubulspeler en “man van die eerste wedstryd” (2025).
- Ses redenaars dring deur na die semifinaal van die ATKV-kompetisie en een eindig onder die Top 10 in Noord-Gauteng (2025)/
- Super 12-wenners (Krieket, O/11, 2025)
- O/10-krieketspan eindig as Titan-wenners (2024).
- Rooiskat eindig onder die top 10-swemmer in Suid-Afrika (2025).
- Rugby: O/11-Stadsbeker naaswenners (2025).
- Super-12 sege-op-sege in atletiek, tennis, landloop en hokkie.
- Vier muurbalspelers neem deel aan die interprovinsiale kampioenskap (2025).
- CP-seniorkoor algehele wenners Legato-Koorfees (2024)
- Drie landloop-atlete eindig onder die Top 10 in Suid-Afrika (2025).
- Landloop: wenners van die Menlopark-aflosbyeenkoms (2025)
- 17 atlete dring deur na die Distrikskampioenskap; twee verwerf 2de en 3de plek by die SA-kampioenskap.
- Bergfiets tops in Pretoria en onstuitbaar!
belééf hoe ons die wat doen
vriende van laerskool constantiapark
Telefoon: 012 761 9500
Faksnommer: 086 219 9992
Algemene navrae: info@lscp.co.za
Hoof se sekretaresse: admin@lscp.co.za
Finansies: finansies@lscp.co.za
Rekeningnavrae: skoolfonds@lscp.co.za
Graad R-Sentrum: 012 761 9520
Graad R-Sentrum: graadradmin@lscp.co.za
Graad R-Naskool: 082 323945
Rooikat-Naskool: 012 761 9530Rooikat-Naskool: naskool@rooikatnaskool.co.za