JAARVERSLAG - HOOF

Kliek hier om al die ouerkomitee voorsitters te sien.
Die Ouerkomitee sal die klaskomitees organiseer na gelang van die skool se behoeftes en gereeld met die skool en die beheerliggaam skakel. Baie dankie aan genoemde ouers, asook die klaskomiteelede wat bereid is om op hierdie wyse die skool te ondersteun.


Ouerkomitee
Ons klasvoorsitters word herinner aan Donderdag-aand (3 Mei) se vergadering om 18:00 in die Personeelkame

KASKARFEES
Baie dankie vir getroue en lojale ondersteuning aan ons Kaskardag wat op Vrydag 1 Junie gehou gaan word. Die Beheerliggaam poog om met die samewerking van ons ouerkorps ‘n reuse finansiële sprong vorentoe te maak – groot druk word op die skool se reserwefonds geplaas met die uitbreiding van ons skool se infrastruktuur wat nie deur die Gautengse Departement van Onderwys gedek word nie. Dit beloof om weer ‘n dag vol pret en opwinding vir die hele skoolgemeenskap te wees. Sien u daar!
|
AKADEMIE
Die toetsreeks het ‘n aanvang geneem tesame met die kleinere klastoetsies, take en mondelinge praatjies. Ons versoek weer ons ouers en leerlinge vir sinvolle beplanning in die huishouding om die toetsreeks, huiswerk en legio van sport- en kultuuraktiwiteite sinvol te bestuur. Daar is plek vir elke aktiwiteit. Baie sterkte en baie dankie vir deeglike voorbereiding – ons ag u ouers as vennote in die akademiese program van uiterste belang en waardeer u insette opreg.
Die volgende twee weke in oënskou:
| Datum |
Aktiwiteit |
Wo 16 Mei |
ATKV koorkompetisie (tot Saterdag)
Skaakliga |
Do 17 Mei |
Toets 2: NW
HEMELVAART: geen buitemuurs |
Vr 18 Mei |
Hokkieliga: o/12 en o/13
Mini-netbal by L/s Wierdapark |
Sa 19 Mei |
Hokkieliga: o/12 en o/13
Trompoppie-optrede
Bulletjieruigby: L/s Wierdapark
Perdryliga
Landloop: TUT |
Di 22 Mei |
Toets 3: Engels
Rugbyliga vs Midstream College
Netballiga vs L/s Menlopark |
Wo 23 Mei |
Skaakliga
Abe Bailey Tweetaligheidsredenaars |
Do 24 Mei |
Toets 4: K&K
Netbal: vriendskaplik vs Chinese skool (C en D-spanne)
Abe Bailey finaal |
Vr 25 Mei |
Hokkieliga: o/12 en o/13
Super 12 koorkompetisie: TUKS Groenkloof |
Sa 26 Mei |
Hokkieliga: o/12 en o/13
Bulletjierugby: L/s Menlopark
Landloop: Bronkhorstspruit |
Di 29 Mei |
Toets 5: Wiskunde
Rugbyliga vs L/s Hennopspark |
|
KULTUURUITSLAE
Gelukwense aan:
Die juniorkoor wat ‘n A++ simbool tydens die Pretoria Eisteddfod - vir die negende jaar agtereenvolgend - verwerf het en daarmee ook ‘n afdelingswenner was. Hulle het Maandag-aand tydens die pryswennerskonsert as ‘n A++ sertifikaat en die wentrofee as die algehele beste juniorkoor. Hartlik geluk mev. Fourie en al die rolspelers daarby betrokke.
Die junior- en seniorkoor dring deur na die nasionale IVUMO koorkompetisie wat op Saterdag 16 Junie in Johannesburg gaan plaasvind.
Sterkte aan beide kore met die ATKV-kompetisie wat hierdie week tuis plaasvind.
Abe Bailey Tweetaligheid: gelukwense aan:
Graad 6: Gaby Gilbert, Nicola van der Walt, Rachelle Geyser en Carla Smit;
Graad 7: Lianca Rademan, Robynne Coetzee en Danielle du Toit wat aan die uitdunrondtes deelneem.
SPORT-UITSLAE
Rugby: Gelukwense aan die volgende seuns wat skitterend presteer het en tot die verskillende provinsiale spanne van die BBLRV verkies is: Cravenweekspan: Johan van Zyl en Giovan Snyman en Reghardt Roets vir die o/12 Blou Bullespan. Spoggerig seuns – dis ‘n groot eer en voorreg! Gelukwense ook aan al die rolspelers in hierdie seuns se rugbyontwikkeling by Laerskool Constantiapark.
Rugby-uitslae:terwyl die proefwedstryde vir hierdie 3 weke gehou is, het die res van die seuns aan talle vriendskaplike wedstryde deelgeneem en hulle puik van hulle taak gekwyt.
Netballiga-uitslae: Die netbalspeelsters het al teen Laerskole Hennopspark en Wierdapark gespeel met wisselende suksesse. Gelukwense aan veral die o/13A-span wat puik presteer. Gelukwense aan Danielle Coetzer (o/12) en Claudia Jarrard (o/13) wat tot die provinsiale Gauteng spanne verkies is. |